Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Lixia (Chinees: 立夏, pinyin: lìxià) of rikka (Japannees: 立夏) is die sewende sontermyn en die begin van die somer. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 45° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 60° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 45° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 6 Mei en eindig dit omstreeks 21 Mei.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Somer