Die Houtrot (甲子, jiǎzǐ) is die 1ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ; die element Hout en Jang) met die eerste Aardtak (子, zǐ), gesimboliseer deur die Rot (鼠, shǔ).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtrotjaar het in 1984 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 2 Februarie 1984 tot 19 Februarie 1985.
Houtrotjare Die volgende jare is Houtrotjare:
Jare van die Houtrot 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2697 v.C. 2637 v.C. 2577 v.C. 2517 v.C. 2457 v.C. 2397 v.C. 2337 v.C. 2277 v.C. 2217 v.C. 2157 v.C. 10 2097 v.C. 2037 v.C. 1977 v.C. 1917 v.C. 1857 v.C. 1797 v.C. 1737 v.C. 1677 v.C. 1617 v.C. 1557 v.C. 20 1497 v.C. 1437 v.C. 1377 v.C. 1317 v.C. 1257 v.C. 1197 v.C. 1137 v.C. 1077 v.C. 1017 v.C. 957 v.C. 30 897 v.C. 837 v.C. 777 v.C. 717 v.C. 657 v.C. 597 v.C. 537 v.C. 477 v.C. 417 v.C. 357 v.C. 40 297 v.C. 237 v.C. 177 v.C. 117 v.C. 57 v.C. 4 64 124 184 244 50 304 364 424 484 544 604 664 724 784 844 60 904 964 1024 1084 1144 1204 1264 1324 1384 1444 70 1504 1564 1624 1684 1744 1804 1864 1924 1984 2044 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 777 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
01