Sir Henricus Hubertus Juta (1857–1930) was 'n speaker en regter van die Kaapkolonie. Hy is gebore in 1857 in Kaapstad en is die seun van Jan Carel Juta. Juta ontvang opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en die Universiteit van Londen. Hy is op 26 Januarie 1880 toegelaat tot die Inner Temple en begin in dieselfde jaar in die Kaap praktiseer. In 1894 word hy Prokureur-generaal en van 1896 tot 1898 was hy Speaker van die Kaapse Volksraad. Hy word senior advokaat in 1893 en word in 1913 Regter-president van die Kaapse Provinsiale Afdeling. Hy is in 1920 aangestel in die Appélafdeling en tree in 1923 af. Hy is oorlede op 16 Mei 1930.

Bronne

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1930