Die Metaalos (辛丑, xīnchǒu) is die 38ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die tweede Aardtak (丑, chǒu), gesimboliseer deur die Os (牛, niú).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalosjaar het in 1961 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 15 Februarie 1961 tot 4 Februarie 1962.
Metaalosjare
Die volgende jare is Metaalosjare:
Jare van die Metaalos 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2660 v.C. 2600 v.C. 2540 v.C. 2480 v.C. 2420 v.C. 2360 v.C. 2300 v.C. 2240 v.C. 2180 v.C. 2120 v.C. 10 2060 v.C. 2000 v.C. 1940 v.C. 1880 v.C. 1820 v.C. 1760 v.C. 1700 v.C. 1640 v.C. 1580 v.C. 1520 v.C. 20 1460 v.C. 1400 v.C. 1340 v.C. 1280 v.C. 1220 v.C. 1160 v.C. 1100 v.C. 1040 v.C. 980 v.C. 920 v.C. 30 860 v.C. 800 v.C. 740 v.C. 680 v.C. 620 v.C. 560 v.C. 500 v.C. 440 v.C. 380 v.C. 320 v.C. 40 260 v.C. 200 v.C. 140 v.C. 80 v.C. 20 v.C. 41 101 161 221 281 50 341 401 461 521 581 641 701 761 821 881 60 941 1001 1061 1121 1181 1241 1301 1361 1421 1481 70 1541 1601 1661 1721 1781 1841 1901 1961 2021 2081 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 740 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
38