Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bambara (volk).
Bambara (ߓߡߊߣߊ߲ߞߊ߲, Bamanankan) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 14,1 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Bambara-volk gepraat, regoor die lande Burkina Faso, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Mali, Mauritanië en Senegal. Bambara vorm saam met Dyula, Mandinka en Maninka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Bambara met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet. Bambara het 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en twee leksikale klanke.
Bambara is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Dit is een van Mali se nasionale tale, naas die amptelike taal Frans.
N'Ko-alfabet Die N'Ko-alfabet, deur Soulemayne Kante in 1949 vir die Manding-dialekkontinuüm bestaande uit Bambara, Dyula, Mandinka en Maninka ontwikkel.
Klinkers a /a/ é /e/ i /i/ è /ɛ/ ou /u/ ô /o/ o /ɔ/ ߊ class=skin-invertߋ class=skin-invert ߌ class=skin-invertߍ class=skin-invert ߎ class=skin-invertߏ class=skin-invert ߐ class=skin-invert
Medeklinkers ‘ /ʔ/ (dagbasinna) n''' /n̩/ | ba /ba/ | pa /pa/ | ta /ta/ | dja /d͡ʒa/ | tcha /t͡ʃa/ | da /da/ | ra /ɾa/ | rra /ra/ | sa /sa/ | gba /ɡ͡ba/ | fa /fa/ |-valign="top" | ߑ | ߒ class=skin-invert | ߓ class=skin-invert |ߔ class=skin-invert | ߕ class=skin-invert | ߖ class=skin-invert |ߗ class=skin-invert | ߘ class=skin-invert | ߙ class=skin-invert |ߚ class=skin-invert | ߛ class=skin-invert |ߜ class=skin-invert | ߝ class=skin-invert |-bgcolor="#EEE" valign="top" | ka /ka/ | la /la/ | na /na/ (woloso) | ma /ma/ | nya /ɲa/ | na /na/ | ha /ha/ | wa /wa/ | ya /ja/ | nya /ɲa/ (woloso) | ja /d͡ʒa/ (jona) | cha /t͡ʃa/ (jona) | ra /ɾa/ (jona'')ߞ class=skin-invert ߟ class=skin-invert ߠ ߡ class=skin-invertߢ class=skin-invert ߣ class=skin-invertߤ class=skin-invert ߥ class=skin-invertߦ class=skin-invertߧ class=skin-invert ߨ ߩ ߪ
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mande-tale Kategorie:Tale van Burkina Faso Kategorie:Tale van Ghana Kategorie:Tale van Guinee Kategorie:Tale van Ivoorkus Kategorie:Tale van Mali Kategorie:Tale van Mauritanië Kategorie:Tale van Senegal