Die Metaaltier (庚寅, gēngyín) is die 27ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die derde Aardtak (寅, yín), gesimboliseer deur die Tier (虎, hǔ).
Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaaltierjaar het in 2010 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 14 Februarie 2010 tot 2 Februarie 2011.
Metaaltierjare
Die volgende jare is Metaaltierjare:
Jare van die Metaaltier 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2671 v.C. 2611 v.C. 2551 v.C. 2491 v.C. 2431 v.C. 2371 v.C. 2311 v.C. 2251 v.C. 2191 v.C. 2131 v.C. 10 2071 v.C. 2011 v.C. 1951 v.C. 1891 v.C. 1831 v.C. 1771 v.C. 1711 v.C. 1651 v.C. 1591 v.C. 1531 v.C. 20 1471 v.C. 1411 v.C. 1351 v.C. 1291 v.C. 1231 v.C. 1171 v.C. 1111 v.C. 1051 v.C. 991 v.C. 931 v.C. 30 871 v.C. 811 v.C. 751 v.C. 691 v.C. 631 v.C. 571 v.C. 511 v.C. 451 v.C. 391 v.C. 331 v.C. 40 271 v.C. 211 v.C. 151 v.C. 91 v.C. 31 v.C. 30 90 150 210 270 50 330 390 450 510 570 630 690 750 810 870 60 930 990 1050 1110 1170 1230 1290 1350 1410 1470 70 1530 1590 1650 1710 1770 1830 1890 1950 2010 2070 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 751 v.C.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
27