duimnael|regs|Aaptamien, 'n alkaloïde wat van Aaptos aaptos geïsoleer is.Nakamura, H. et al., Tetrahedron Lett., 1982, 5555

Aaptos aaptos is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse) en is die tipespesie van die genus Aaptos in die familie Suberitidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer in 1864 deur Schmidt gepubliseer.

Die liggaam van hierdie spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem. Die spesie bevat verbindings wat adrenoreseptors blokkeer. Hoewel hierdie spons toksies is vir visse, word dit deur die karetskilpad (Eretmochelys imbricata) gevreet.

Verwysings

Bronne Hooper, J. (2011). Aaptos aaptos. In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=134241.

Kategorie:Gewone sponse