Die Metaalrot (庚子, gēngzǐ) is die 37ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die eerste Aardtak (子, zǐ), gesimboliseer deur die Rot (鼠, shǔ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalrotjaar het in 1960 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 28 Januarie 1960 tot 4 Februarie 1961.

Metaalrotjare

Die volgende jare is Metaalrotjare:

Jare van die Metaalrot 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 2661 v.C. 2601 v.C. 2541 v.C. 2481 v.C. 2421 v.C. 2361 v.C. 2301 v.C. 2241 v.C. 2181 v.C. 2121 v.C. 10 2061 v.C. 2001 v.C. 1941 v.C. 1881 v.C. 1821 v.C. 1761 v.C. 1701 v.C. 1641 v.C. 1581 v.C. 1521 v.C. 20 1461 v.C. 1401 v.C. 1341 v.C. 1281 v.C. 1221 v.C. 1161 v.C. 1101 v.C. 1041 v.C. 981 v.C. 921 v.C. 30 861 v.C. 801 v.C. 741 v.C. 681 v.C. 621 v.C. 561 v.C. 501 v.C. 441 v.C. 381 v.C. 321 v.C. 40 261 v.C. 201 v.C. 141 v.C. 81 v.C. 21 v.C. 40 100 160 220 280 50 340 400 460 520 580 640 700 760 820 880 60 940 1000 1060 1120 1180 1240 1300 1360 1420 1480 70 1540 1600 1660 1720 1780 1840 1900 1960 2020 2080 Wenk: Om uit te werk die hoeveelste siklus van ’n spesifieke dier dit is, tel die nommer van die reël by die nommer van die kolom. Voorbeeld: reël 30 + kolom 2 = 32. Die 32ste siklus van dié dier was in 741 v.C.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

37