Die Bloubekeend (Oxyura maccoa) is redelike algemene standvoël in Suider-Afrika.

Identifikasie Die bloubekeend is 'n klein, kort eendjie van 48–51 cm. Die manlike eend is kastaiing-bruin met 'n swart kop en 'n helderblou snawel. Die smal, punterige stert staan dikwels kersregop.

Die vroulike eend het nie 'n blou snawel nie, en is donkerbruin van kleur met 'n vaal streep op die wang.

Habitat Stil waterareas.

Broeigewoontes Die bloubekeend wat opvallend diep in die water lê, se nes word tussen riete gebou. Daar is 4-12 eiers, wat besonder groot is vir so 'n klein eendsoort.

Verspreiding Verspreid oor die meeste dele van Suid-Afrika en groot dele van Zimbabwe en Namibië.

Ander name Duitse naam: Afrikanische Ruderente Engelse naam: Maccoa Duck Wetenskaplike naam: Oxyura maccoa Ou Afrikaanse sinoniem: Makou-eend (Oxyura punctata)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Newman se Voëls van Suider-Afrika Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899, 

Eksterne skakels

Kategorie:Eendvoëls