Die Platinumsnelweg is deel van die N4, en 'n groot Suid-Afrikaanse snelweg wat onder 'n toegewingskontrak deur 'n privaatkontrakteur gebou is. In 2001 is die projek aangewys as die "Infrastruktuurplan van die Jaar" deur die Project Finance International Magazine. Dit het agt jaar geneem om te voltooi. Die snelweg verbind vier Afrikalande (Mosambiek, Suid-Afrika, Botswana en Namibië) en twee oseane (die Indiese en die Atlantiese oseane). Die kontrak het strenger toegewingsterme gehad as in vorige kontrakte.http://www.investec.com/NR/rdonlyres/4960E39C-E835-47FB-BC18-589D046BFA2D/1827/ProjectFinancearticleEuromoneyTransporationReview2.doc
Verwysings
Kategorie:Paaie in Suid-Afrika