Die R62 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Ashton met Humansdorp verbind en kan in ’n oostelike- en ’n westelike gedeelte verdeel word. Die westelike gedeelte begin by Ashton en gaan oor die Kogmanskloofpas na Montagu. Hierna betree die roete die Klein Karoo en gaan deur Barrydale, Ladismith, oor die Huisrivierpas, deur Calitzdorp en Oudtshoorn. Die westelike gedeelte is bekend vir sy wyne.
Hiervandaan is die R62 medebeskryf vir 33 kilometer met die N12 vanaf Oudtshoorn na die t-aansluiting met die N9 net onder die Outeniquapas en dan vir 71 kilometer met die N9 na Potjiesbergpas naby Uniondale. Hier draai die R62 af en die oostelike gedeelte begin.
Die R62 gaan nou deur die Langkloof: Avontuur, Haarlem, Misgund, Louterwater, Krakeelrivier, Joubertina, Kareedouw en sluit aan by die N2-nasionale pad. Die oostelike gedeelte is bekend vir die sagtevrugte wat hier gekweek word.
Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika
Bron South Africa Road Atlas. Mapstudio.
Verwysings
Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Oos-Kaap