Die R44 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Piketberg met Kleinmond verbind via Wellington, Stellenbosch en Somerset-Wes. Die kusgedeelte tussen Kleinmond en Gordonsbaai is ’n baie skilderagtige kusrit. Die gedeelte tussen Gordonsbaai en Stellenbosch via Somerset-Wes is ’n dubbelpad. Die R44 is medebeskryf met die R46 provinsiale pad tussen Gouda en Hermon in die Bergriviervallei. Die gedeelte tussen Gordonsbaai en Rooiels staan as Clarence-rylaan bekend.

Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap