Die R27 is 'n provinsiale roete in Suid-Afrika wat bestaan uit twee losstaande segmente. Die eerste segment, ook bekend as die Weskussnelweg, verbind Kaapstad met Velddrif langs die Weskus. Die tweede segment loop van Vredendal via Vanrhynsdorp, Calvinia, Brandvlei en Kenhardt te Keimoes op die N14 naby Upington. Die stuk tussen Velddrif en Vredendal is nog nooit gebou nie, hoewel dit met verskeie grondpaaie aangedurf kan word.
Die noordelike segment van die pad is besonders afgeleë; dit is 'n afstand van 370 km van Calvinia na Keimoes, en die enigste dorpe langs die pad is Brandvlei en Kenhardt.
Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika