duimnael|links|180px|Die rou sy van sywurms wat die natuurlike skynsel van die stof wys.
Sy is ’n proteïendraad, waarvan sommige soorte geweef kan word om materiaal te maak. Die sydraad bestaan hoofsaaklik uit fibroïen en word deur sekere insekte se larwes vervaardig om kokonne te maak. Die beste bekende sy word van die kokonne van die larwes van die moerbeisywurm (Bombyx mori) verkry. Die blink voorkoms van sy is vanweë die driehoekprisma-agtige struktuur van die draad, wat veroorsaak dat die materiaal inkomende lig teen verskillende hoeke weerkaats en so verskillende kleure vertoon.
duimnael|180px|Vier van die belangrikste symotte wat aangehou word. Van bo na onder is: Bombyx mori, Hyalophora cecropia, Antheraea pernyi, Samia cynthia. Uit Meyers Konversations-Lexikon (1885-1892). Sy word deur verskeie insekte vervaardig, maar net die sy van motruspes word vir tekstielvervaardiging gebruik. Daar is egter al navorsing oor ander soorte sy gedoen, wat op molekulêre vlak verskil.
Sy word hoofsaaklik vervaardig deur die larwes van insekte wat volledige metamorfose ondergaan, maar sommige ander insekte soos webspinners (Embioptera) en spinnekoppe maak ook sy.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Natuurlike materiale Kategorie:Tekstiele