Sir Sidney Smith Bell (1805 – 1873) was 'n regter van die Kaapse hooggeregshof. Hy is gebore in 1805 in Londen en studeer in Edinburg. In Kaapstad word hy in 1851 aangestel as regter van die Hooggeregshof, as waarnemende Hoofregter in 1857 en Hoofregter in 1868. Hy tree in 1873 af en is in dieselfde jaar oorlede.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Geboortes in 1805 Kategorie:Sterftes in 1873