Sir Henry Bale (1854 – 1910) was 'n Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof. Hy is op 12 Januarie 1854 in Pietermaritzburg gebore en ontvang onderrig in Engeland. Van 1875 praktiseer hy as prokureur in Natal en van 1893 tot 1901 verteenwoordig hy Pietermaritzburg in die Natalse Wetgewende Vergadering. Hy word Prokureur-generaal en Minister van Onderwys. In 1901 word hy aangestel as Hoofregter. Hy is op 1 Desember 1910 oorlede.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Geboortes in 1854 Kategorie:Sterftes in 1910