Sir Andries Ferdinand Stockenstrom Maasdorp (1847 – 1931) was 'n Hoofregter van die Oranjerivierkolonie. Hy is op 14 Januarie 1847 op Malmesbury gebore en ontvang opleiding op Graaff-Reinet en Londen waar hy sy B.A.-graad in 1869 verwerf. Hy word in 1871 toegelaat tot die Inner Temple, keer terug na Kaapstad en begin met sy praktyk. Van 1874 tot 1878 verteenwoordig hy Graaff-Reinet in die Kaapse Parlement. Daarna word hy aangestel as Prokureur-generaal op Grahamstad. Hy het sy winsgewende praktyk voortgesit totdat hy in 1897 tot die Transvaalse balie toegelaat word. Kort voor die Tweede Vryheidsoorlog keer hy terug na sy praktyk in Grahamstad en in 1900 word hy lid van die spesiale Hooggeregshof van die Kaapkolonie. In 1902 word hy aangestel as Hoofregter van die Oranjerivierkolonie. In 1919 tree hy af en is op 18 Maart 1931 op Rondebosch oorlede. Sy Institutes of South African Law, wat vierboekdele beslaan, was vir lank 'n standaardwerk.
Christian George Maasdorp was sy broer.
Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1847 Kategorie:Sterftes in 1931