Saul Solomon (1817 – 1892) was 'n Kaapse staatsman, drukker en uitgewer. Hy is in 1817 op die eiland Sint Helena gebore. Hy kom as kind na die Kaapkolonie, studeer aan die Suid-Afrikaanse Kollege waar hy een van die briljantste studente was en word 'n vakleerling in die drukkersbedryf. In 1840 stig hy die firma Saul Solomon & Co. wat gou die Staatsdrukker word.
In 1853 word hy lid van die eerste Kaapse parlement waar hy deur sy bekwaamheid die bynaam Kaapse Disraeli gekry het. In 1857 het hy begin belangstel in die Cape Argus en in 1863 word hy die enigste eienaar. Hy het gou groot invloed uitgeoefen dwarsdeur Suid-Afrika. Toe Verantwoordelike Bestuur in 1871 aan die Kaapkolonie toegeken is, is hy gevra om Eerste Minister te word. Hy het geweier. Hy was liberaalgesind, 'n groot kampvegter vir die Nie-blankes en ook 'n voorstander van Staatshulp vir kerkfinansies en ander hervormings.
In 1879/80 is hy en die Argus betrokke in die Koegas-gruwels hofsaak. Sy sake-ondernemings raak insolvent na sy aftrede in Skotland, maar dit is in 1886 heropgebou. Sy loopbaan is te meer merkwaardig aangesien sy groei as gevolg van 'n kindersiekte heeltemal belemmer is. Hy in 1892 oorlede.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1817 Kategorie:Sterftes in 1892