Alfred Bohrmann (28 Februarie 1904 - 4 Januarie 2000) was 'n Duitse sterrekundige en ontdekker van klein planete.

Hy het sy Ph.D. proefskrif in 1927 by die Heidelberg-Königstuhl Staatsobservatorium by die Universiteit van Heidelberg gedoen.List of Dissertations at the Landessternwarte Heidelberg-Königstuhl Op daardie stadium was die sterrewag in Heidelberg 'n sentrum vir asteroïd-ontdekking deur Max Wolf, Karl Reinmuth en ander. In sy tyd het Bohrmann 9 asteroïdes ontdek. Bohrmann het vanaf 1924 tot 1969 by die sterrewag gewerk en meer as 700 klein-planeet waarnemings gepubliseer. Hy het die sterrewag verlaat ná 'n geskil met die sterrewag se hoërgesag. Die asteroïde 1635 Bohrmann is na hom vernoem.

Verwysings

Eksterne skakels Obituary

Kategorie:Duitse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 2000