Sir Michael Henry Gallwey (1826 – 1912) was 'n Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof. Hy is op 30 Oktober 1826 gebore in die graafskap Cork, Ierland. Hy ontvang opleiding aan die Trinity College, Dublin, en word in 1853 toegelaat tot die Ierse balie. Hy arriveer in 1854 in Natal. Hy praktiseer in Pietermaritzburg tot 1857 en word aangestel as Prokureur-generaal. In 1890 word hy Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof en tree af in 1891. Hy is oorlede op 25 Julie 1912 in Pietermaritzburg.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Geboortes in 1826 Kategorie:Sterftes in 1912