220px|duimnael|links|Penne met eiervrug en basilie in tamatiesous.

Penne is ’n soort pasta met ’n ronde, hol vorm. Penne is die meervoud van die Italiaanse woord penna ("slagpen" of "pen").

Beskrywing In Italië word twee soorte penne vervaardig: penne lisce (glad) en penne rigate (met riwwe). Pennoni is ’n groter weergawe.

Penne word tradisioneel al dente gekook en saam met ’n sous soos pesto, marinara of arrabbiata voorgesit. Dit is baie gewild in pastaslaaie. Penne is ’n veelsydige pasta vanweë die praktiese ontwerp daarvan; die holtes en riwwe laat sous daaraan vasklou, terwyl die skuins eindpunte ook help om die sous op te skep.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Pasta