duimnael|250px|Tuisgemaakte macaroni-en-kaas, met droë kruie en gemaalde peper.
Macaroni is ’n verskeidenheid droë pastas wat tradisioneel in verskillende vorms en groottes vervaardig word. Dit word van durummeel gemaak en word gewoonlik in kort stukkies gesny. Sommige tuispastamasjiene kan macaroni maak, maar gewoonlik word dit in groot maat in fabrieke vervaardig.
In Italië verwys die woord maccheroni na reguit, kort, silindervormige soorte pasta, maar ook na geregte wat met lang pastasoorte soos spaghetti gemaak word, soos maccheroni alla chitarra en frittata di maccheroni.
Etimologie Die woord is afgelei van die Italiaanse term maccheroni, die meervoud van maccherone.Oxford Dictionary, Macaroni Il Devoto-Oli. Vocabolario della lingua italiana, reds. Luca Serianni en Maurizio Trifone, Le Monnier. Die verskillende soorte verskil van mekaar deurdat sommige glad en reguit is en ander riwwe in die lengte het, soos rigatoni en tortiglioni, of gekrom is, soos chifferi, lumache en lumaconi.
Die produk en naam kom egter oorspronklik van die Antiekgriekse makaria. Akademici stem geredelik saam die woord is afgelei van die Griekse μακαρία (makaria),μακαρία, (def. III), Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Digital Library ’n soort gortsop wat voorgesit is om die afgestorwenes te herdenk.Macaroni , on Compact Oxford English Dictionary"Macaroni", Online Etymology DictionaryMacaroni, on Webster's New World College DictionaryAndrew Dalby, Food in the Ancient World from A to Z, Routledge, 2003, on Google booksReader's Digest Oxford Complete WordfinderDhirendra Verma, Word Origins, on Google booksMario Pei, The story of language, p.223William Grimes, Eating Your Words, Oxford University Press, on Google booksMark Morton, Cupboard Love: A Dictionary of Culinary Curiosities, on Google books Dié woord kom weer van μάκαρες (makares, "geseënde afgestorwenes") en uiteindelik van μακάριος (makarios, "geseënd, gelukkig").μάκαρ, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Daar is egter ook ander verduidelikings vir die herkoms van die woord.αἰωνίος, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on PerseusG. Alessio, "Atti dell'Accademia Pontaniana", t. 8, 1958-59, pp. 261-280
Russies het die woord geleen (as макароны) as ’n algemene term vir alle soorte pasta; dit kom ook in verskeie ander Slawiese tale voor, asook in Turks en Brasiliaanse Portugees. Ook in Iran word die term vir pasta in die algemeen gebruik.
Gebruik buite Italië Nes met geregte van ander soorte pasta, is macaroni-en-kaas gewild in Brittanje, waar dit ontstaan het,https://books.google.co.uk/books?id=XIlZuk8IvWcC&pg=PA771&redir_esc=y#v=onepage&q&f=falsehttp://www.bbc.co.uk/food/recipes/macaronicheese_83521 asook in Noord-Amerika en ander lande.
In wêrelddele met groot Chinese bevolkings wat aan Westerse invloede blootgestel is, soos Hongkong, Maleisië en Singapoer, het plaaslike Chinese macaroni aanvaar is ’n bestanddeel vir Westerse geregte in ’n Chinese styl. In sekere restaurante in Hongkong en Suidoos-Asië word macaroni in water gekook en in helder soppe voorgesit saam met worsies of ham en ertjies, sampioene en soms eier. Dit herinner aan noedelsop en word veral vir ontbyt of ’n ligte middagete geniet.AP, Explore the world of Canto-Western cuisine , 8 Januarie 2007
Verwysings
Eksterne skakels http://law.justia.com/cfr/title21/21-2.0.1.1.24.html
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Pasta