Hierdie is 'n meestal volledige lys van die werke van Wolfgang Amadeus Mozart volgens die sesde uitgawe van die Köchel-katalogus. Vir 'n selektiewe lys van sy werke, gegroepeer volgens genre, sien die Lys van komposisies van Wolfgang Amadeus Mozart.

Die Köchelverzeichnis of Köchel-katalogus is 'n inklusiewe, chronologiese lys van komposisies deur Wolfgang Amadeus Mozart, wat oorspronklik geskep is deur Ludwig von Köchel, en waarin die inskrywings afgekort word tot K. (KV in Duits). Die nommers in die Köchel-katalogus weerspieël die voortdurende vestiging van 'n volledige chronologie van Mozart se werke, en dien as kitsverwysings na die komposisies.

Volgens Köchel se telling is Requiem in D mineur die 626ste stuk wat Mozart gekomponeer het, en word gevolglik as K. 626 aangegee. Köchel se oorspronklike katalogus van 1862 is twee keer hersien. Enkele werke het drie K.-nommers, bv. Mozart se Horingconcerto nr. 1, K. (412+514)/386b.

Geskiedenis Lys van Mozart se werke Om so veel as moontlik van die oorspronklike K-numering van die lys te behou, is letters na die syfers aangebring in die hersiene, kronologiese reeks. Die lys wat volg toon Köchel se oorspronklike aanduiding (K) asook die sesde weergawe (K). Ander bylae en aanvullings tot die katalogus word aangedui met , afgekort tot 'Anh.'