Die Pratt & Whitney PW2000, ook bekend volgens die militêre aanwysing as F117 en aanvanklik na verwys as die JT10D, is 'n reeks hoë-omleidingturbowaaierenjins met 'n stukrag tussen 165 en 190 kN (37 000 tot 43 000 lbf). Hulle is spesiaal ontwerp vir die Boeing 757 en word gebou deur Pratt & Whitney. As 'n 757 kragbron, kompeteer hierdie enjins met die Rolls-Royce RB211.
Ontwerp en ontwikkeling Pratt & Whitney het aan die JT10D begin werk in Oktober 1971 bedoel vir die McDonnell Douglas YC-15 in die Gevorderde Medium STOL transportprojek, asook die Boeing 767 (destyds met kodenaam 7X7). Die enjin het in Augustus 1974 die eerste keer gehardloop. In Desember 1980 het Pratt & Whitney die benamingstelsel vir sy enjins verander, en die JT10D het die PW2037 geword.
Die PW2000 is 'n dubbelspoel, aksiale lugvloei, ringvormige verbranding, hoë-omleidingturbowaaier met 'n dubbele-kanaalvollegesag digitale enjinbeheerstelsel (FADEC). Dit is in 1984 as die eerste burgerlike FADEC-beheerde vliegtuigenjin gesertifiseer.
Die eerste PW2000 reeks enjin, die PW2037, het die Boeing 757-200 in diens van Delta Air Lines aangedryf. Dit was die bekendstellingskliënt vir die burgerlugvaartweergawe van die enjin. duimnael|'n Tegnikus ondersoek 'n F117 van 'n C-17 Globemaster III tydens 'n na-vluginspeksie. Behalwe vir die 757, word die PW2000 reeks enjins ook gemonteer aan die C-17 Globemaster III militêre vragvliegtuig; die Amerikaanse Departement van Verdediging se aanwysing vir die enjin is F117, met die spesifieke variant wat gebruik word op die C-17 die F117-PW-100. Die kragbron se eerste vlug op die C-17 was in 1991.
Die PW2000 het ook die mislukte Iljoesjin Il-96M aangedryf; die enjin het die eerste keer gevlieg op die Il-96M in 1993.
Die jongste boustandaard, met die naam PW2043, is van stapel gestuur in 1994. Dit bied meer as 190 kN (43 000 vt-f) se stukrag. Die vorige geslagte van die enjin kan omgeskakel word na die PW2043-weergawe.
Aanwendings Boeing 757 Die Boeing C-32 Die Boeing C-17 Globemaster III Iljoesjin Il-96M
Verwysings
Kategorie:Vliegtuigenjins