Die Rooirivier (Vereenvoudigde Chinees: 红河; Tradisionele Chinees: 紅河; pinyin: Hóng Hé; Viëtnamees: Sông Hồng) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Asië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 200 km (750 myl), vloei deur die suidweste van China en die noorde van Viëtnam. Die naam van die Rooirivier is afgelei van die rooi ysteroksied-sediment, wat die rivier meevoer.

duimnael|links|Die Rooirivier se boloop in die Chinese provinsie Yunnan duimnael|links|Sononder oor die Rooirivier in die Viëtnamese hoofstad Hanoi Die Rooirivier ontspring in die Hengduan-bergreeks in die provinsie Yunnan van die Volksrepubliek China, wes van Kunming en oos van die grens tot Mianmar. Wes van die Rooirivier se bron vloei die Irrawaddy, Salween en Mekong en noord die Yangtze. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting en bereik Viëtnam, waar die Rooirivier se twee groot sytakke, die Swartrivier van regs en die Lô-rivier van links, saam in die Rooirivier uitmond. Verder suidoos bereik die Rooirivier die Viëtnamese hoofstad Hanoi, die grootste stad aan dié rivier. Suidoos van Hanoi mond die Rooirivier in 'n wye delta in die Golf van Tonkin uit. Net noord van die Rooirivier se delta is die Halong-baai (Vịnh Hạ Long), sedert 1994 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, geleë.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Viëtnam Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China