Die Dagga-party van Suid-Afrika (ook Iqela Lentsango genoem) is 'n Suid-Afrikaanse politiese party wat in Februarie 2009 deur Jeremy David Acton gestig is. Hy is ook die huidige leier van die party. Die wettiging van daggagebruik is die kernbeleid van die party. Die party is gestig om kiesers wat die wettiging van dagga ondersteun te verteenwoordig in die algemene verkiesing.

Die party was onsuksesvol om by die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika te registreer om deel te neem aan die algemene verkiesing in 2014, omrede die registrasie fooi van R200 000 per provinsie, nie betyds ingesamel kon word nie.

Die party se beleid is dat daggafariërs dieselfde regte moet geniet as die gebruikers van ander wettige dwelms soos bv. sterk drank en tabak.

Acton was 'n eiser in 'n saak wat in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor is, en op 31 Maart 2017 beslis het dat volwassenes in die privaatheid van hulle eie huise dagga mag besit, kultiveer en gebruik. Die hof het ook beslis dat die parlement 24 maande het om die wetgewing te verander.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Facebook blad

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika