Die Fluisterboom in Georgestraat, Albertinia is een van Suid-Afrika se kampioenbome. Hierdie wildevy (Ficus thonningii / Ficus burkei) is 200 jaar oud en sy stamomtrek van 14,6 m maak dit een van die dikste bome in die land. Volgens oorvertelling kan mens die boom hoor fluister as jy aandagtig luister. Fluisterboom spog nou met kampioenstatus, Die Burger, 16 Augustus 2017.
Verwysings
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika