Current Medical Diagnosis and Treatment is 'n standaard mediese verwysingswerk wat deur McGraw-Hill gepubliseer word. Dit word jaarliks opgedateer, en die 2017 jaargang was die 56ste uitgawe. Die redakteurs van die 56ste uitgawe was Stephen McPhee, Maxine Papadakis en Michael Rabow. Dit was oorspronklik 'n algemene mediese handleiding, maar 'n aantal spesialis-weergawes verskyn deesdae ook, soos byvoorbeeld kindergeneeskunde, kardiologie, en chirurgie, wat almal deel vorm van die Lange "Current" reeks.
Verwysings
Kategorie:Engelse boeke Kategorie:Niefiksie