Die Scotiasee (Engels: Scotia Sea, Spaans: Mar del Scotia) is 'n see van die Suidelike Oseaan tussen Suid-Amerika in die noordweste en Antarktika in die suidweste. Die Scotiasee is in 1932 genoem na die skip Scotia wat die Skotse Nasionale Antarktiese Ekspedisie van 1902–1904 onder leiding van William Speirs Bruce onderneem het.
duimnael|links|Ligging van die Scotiasee Die Scotiasee is tussen Vuurland en die Falkland-eilande in die noordweste, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande in die ooste, die Suidelike Orkneyeilande in die suide, die Suidelike Shetlandeilande en die Antarktiese Skiereiland in die suidweste asook die Drakedeurgang in die weste geleë. Die Scotiasee grens in die suide aan die Weddellsee. Die see het 'n oppervlakte van sowat 900 000 km² en 'n maksimum diepte van 7 900 m.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Falkland-eilande Kategorie:Geografie van Argentinië Kategorie:Seë van Suid-Amerika Kategorie:Seë van die Suidelike Oseaan Kategorie:Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande Kategorie:Suidelike Orkneyeilande