Brookfield Engineering is 'n ingenieurswese- en vervaardigingsmaatskappy met hoofkwartier in Middleboro, Massachusetts. Sy produklyn sluit laboratoriumviskosimeters, rheometers, tekstuurontleders en poeiervloeitoetsapparate in, sowel as aanlynprosesinstrumentasie. Hierdie instrumente word tipies in navorsing en ontwikkeling, prosesontwerp en prosesbeheer gebruik. Dit word vermoed dat een van die mees ongewone en ernstige voorvalle van residensiële giftige-afvalbesoedeling in Massachusetts se geskiedenis deur Brookfield veroorsaak is, alhoewel die maatskappy as deel van 'n skikking, die hervestigings- en opruimkoste betaal het sonder om verantwoordelikheid toe te ken.
Maatskapplike geskiedenis Die maatskappy is in 1934 deur Don Brookfield Sr gestig, nadat hy 'n graad in elektrochemiese ingenieurswese by MIT verwerf het. Brookfield Ingenieurswese was tot 1989 'n familiebesigheid, waarna die beheerende aandeel aan die werknemers oorgedra is. Dit is sedert die 1990's ISO gesertifiseer.
Brookfield Ingenieurswese het handelaars in 60 lande en plaaslike kantore in die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Indië en China. Alle produksie word in die VSA by die maatskappy se hoofkwartier gedoen.Brookfield Engineering – Company History
Instrumente Klassieke Brookfield-viskosimeters werk volgens die beginsel van roterende viskositeitsmeting – die wringkrag wat nodig is om 'n voorwerp soos 'n spil in 'n vloeistof te draai, hang af van die viskositeit van die vloeistof.ChemEurope.com Wringkrag word deur middel van 'n gekalibreerde veer aan 'n skyf of tolvormige spil oorgedra, wat in die toetsvloeistof ondergedompel is. Die afwyking van die veer toon die viskeuse sleepkrag van die vloeistof teen die spil. Hierdie sleepkrag is eweredig aan die hoeveelheid wringkrag wat nodig is om die spil te draai en dus ook aan die viskositeit van 'n Newtoniese vloeistof. In die geval van nie-Newtoniese vloeistowwe, moet Brookfield viskositeite onder identiese toestande gemeet word: viskosimetermodel, spil, spoed, temperatuur, tydsduur van die toets, vorm van die houer, en enige monstervoorbereidingsprosedures wat die gedrag van die vloeistof kan beïnvloed.The Rheology School – Brookfield Viscosity Explained Tydens die ontwikkeling van 'n nuwe toetsmetode, moet hierdie toestande dikwels empiries bepaal word. Suksesvolle toetsmetodes lewer 'n wringkraglesing tussen 10% en 100% van die veer se uitwyking.Brookfield Engineering – More Solutions to Sticky Problems Die rheologiese gedrag van die toetsvloeistof kan teen verskillende snelhede gemeet word, maar omdat die geometrie van die vloeistof rondom 'n roterende spil in 'n groot houer nie 'n enkele skuifvervormingsnelheid toelaat nie, kan behoorlike rheometrie nie met hierdie tipe apparaat gedoen word nie.
Behalwe roterende spil viskosimeters, verskaf Brookfield deesdae ook rheometers met gedefinieerde geometrie in die monsterholte, sodat volledige rheologiese analise moontlik is.
Besoedelingsaak en skikking In 1998 het die Departement van Omgewingsake inwoners van Stouhton ontruim, nadat 'n skerp styging waargeneem is in die konsentrasie van oplosmiddels in die lug."Industry toxins force out Stoughton families" , Boston Globe, 18 November 1998."Suburban toxic wasteland Flooding brings contamination to Stoughton neighborhood" , Boston Globe, 22 Desember 1998. Die vermoede het bestaan dat Brookfield dit veroorsaak het en hulle het ooreengekom om te betaal vir die hervestiging van die inwoners asook vir die skoonmaakkoste, sonder om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar."Firm suspected in pollution to help pay Stoughton costs" , Boston Globe, 25 November 1998"Something stinks in Stoughton" , Boston Globe, 14 Februarie 1999."Family suffers in limbo as toxins ravage home" , Dallas Morning News, 3 Januarie 1999. Die Boston Globe het die insident beskryf as een van die deelstaat se mees ongewone en ernstige gevalle van gifstofbesoedeling in 'n woongebied."Families relocate over polluted water Stoughton homes may have carcinogens" , Boston Globe, 18 November 1998.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye