Lars Fredrik Svanberg (13 Mei 1805 – 16 Julie 1878) was 'n Sweedse chemikus en mineraloog.
Lewe Hy is op 13 Mei 1805 in Stockholm, Swede, gebore as die seun van Jöns Svanberg. Hy was twee keer getroud. In 1836 is hy getroud met Augusta Roth en in 1859 met Baroness Frederica Augusta Stiernstedt. Hy sterf op 16 Julie 1878 in Uppsala, Swede.
Loopbaan Hy was 'n student van Jöns Jacob Berzelius. Van 1853 tot 1874 was hy professor in chemie aan die Universiteit van Uppsala. In 1839 word hy lid van die Royal Swedish Academy of Sciences. Hy het ook 'n militêre loopbaan gehad, en is aangestel as onder-luitenant in die Sweedse vloot se meganiese korps. Sy pligte was die gehaltebeheer van kanonne en yster wat vir die Sweedse Vloot geproduseer was.
Erkenning Die mineraal svalbergiet is na hom vernoem.
Eksterne skakels https://runeberg.org/sbh/svanblar.html
Kategorie:Sweedse chemici Kategorie:Akademici Kategorie:Mineraloë Kategorie:Geboortes in 1805 Kategorie:Sterftes in 1878 Kategorie:Alumni van die Universiteit Uppsala