Die Caudron R.11 was 'n Fransvervaardigde driesitplek, tweemotorige verkennings/bomwerper wat met welslae gebruik is om vegvliegtuie te vergesel oor die westelike front. Dit was toegerus met vyf Lewis-masjiengewere en baie beweeglik en het die Franse vegters diep in die vyandelike gebied vergesel waar dit die Duitse vliegtuie laat ontgeld het. So het die Caudron R.11 'n indrukwekkende rekord opgebou van Duitse vliegtuie wat afgeskiet is.

Die vliegtuig het oor 'n aantal interessante kenmerke beskik wat dit van ander vliegtuie onderskei het: die motors was omhul deur 'n vaartbelynde gondel en beide kon van enige van die hoofbrandstoftenks gevoer word. In latere modelle kon die agterkant van die gondels afgegooi word saam met ekstra brandstoftenks wat daarin was. Daar was ook 'n ekstra stel kontroles in die masjiengeweerkajuit. Die R.11 is eers in Julie 1922 uit diens onttrek.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Caudron R.11: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerHispano-Suiza 8Bpa inlynmotors Kraglewering per motor215 perdekrag Vlerkspan17,92 m Lengte11,22 m Hoogte2,8 m Vlerkoppervlakte54,25 m2 Maksimum opstygmassa2 167 kg Maksimum snelheid183 km/h Operasionele hoogte5 950 m Uithouvermoë3 ure Klimvermoë2 000 m in 8 minute en 10 sekondesBewapeningVyf 7,7 mm Lewis-masjiengewere: twee voor, twee agteren een onder die neus.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Patrollievliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog