Die Angara (Boerjaties: Ангар, Angar, letterlik: "gesplete"; Russies: Ангара́, Angará), soms ook Bo-Toengoeskarivier (Верхняя Тунгуска, Verkhnyaya Tunguska) of Laer-Angara (Ни́жняя Ангара́, Nizhnyaya Angara) genoem, is die grootste sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 799 km (1 105 myl), ontspring naby Irkoetsk uit die Baikalmeer en vorm dié meer se enigste uitvloei. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Irkoetsk-oblast en bereik Bratsk. Verder noord vloei die Angara in 'n westelike rigting deur die Krasnojarsk-krai en mond sowat 250 km noord van Krasnojarsk in die Jenisejrivier uit. Die Selenga, die grootste van die Baikalmeer se invloeiende riviere, word hidrologies as die Angara se boloop beskou.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië