Die Selenga of Selenge (Boerjaties: Сэлэнгэ гол, Selenge gol, Сэлэнгэ мүрэн, Selenge müren; Mongools: Сэлэнгэ мөрөн, Selenge mörön; Russies: Селенга́, Selengá) is die grootste van die Baikalmeer se invloeiende riviere. Die rivier, met 'n lengte van 1 480 km, ontstaan deur die saamvloei van die Delgermörön- en Iderrivier in Hövsgöl, Noord-Mongolië. Aansluitend vloei die rivier, in Mongolië Selenge genoem, in 'n noordoostelike rigting deur Noord-Mongolië en bereik die Russiese grens. In Rusland word die rivier Selenga genoem en vloei dit in 'n noordelike rigting deur die republiek Boerjatië tot by die republiek se hoofstad, Oelan-Oede. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en mond in die Baikalmeer uit. Die Selenga word hidrologies as die Angara se boloop beskou.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Mongolië Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië