Die Argoen of Ergoen (Boerjaties: Urgengol, letterlik: "breë rivier"; Chinees: 额尔古纳河, pinyin: É'ěrgǔnà hé; Mongools: Эргүнэ мөрөн, Ergüne gol; Russies: Аргу́нь) is die grootste sytak van die Amoer. Dit vorm saam met die Schilka een van twee bronriviere van die Amoer. Dié rivier, met 'n lengte van 1 620 km (1 007 myl), ontspring in die Groot Sjingan-bergreeks in die Mantsjoerye, die noordoostelike deel van die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en word Hailar genoem. Net wes van die grens tot Mongolië en suid van die grens tot Rusland begin dié rivier in 'n noordoostelike rigting vloei. Die Argoen vorm vir 944 km die grens tussen China en Rusland totdat die rivier sy noordelikste punt bereik en die Schilka ontmoet, die Amoer se tweede bronrivier.
Tydens die reënseisoen vloei water van die Hulunmeer, wat eintlik sonder uitvloei is, sowat 30 km noord en bereik die Argoen. Daarmee behoort die Kherlen se rivierloop soms tot die Argoen-Amoer-rivier, wat daardeur 'n lengte van 5 052 km (3 139 myl) bereik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China Kategorie:Siberië