Seretse is 'n township in die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit, in sentraal-Vrystaat, Suid-Afrika. Tydens die apartheidera was Seretse waar die dorp Boshof se Swart mense gewoon het.
Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 4 651 gehad.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat