duimnael|Zykaïet (Tsjeggiese Republiek). Zykaïet of zýkaïet is 'n gryswit mineraal wat bestaan uit arseen, waterstof, yster, swael en suurstof met 'n formule: Fe3+4(AsO4)3(SO4)(OH)·15(H2O).Webmineral data
Hierdie dowwe mineraal is baie sag met 'n Mohs-hardheid van slegs 2 en 'n relatiewe digtheid van 2,5. Dit is deurskynend en kristalliseer in die ortorombiese kristalstelsel. Algemeen geassosieerde minerale sluit limoniet, gips, skorodiet, kwarts en arsenopiriet in.
Dit word aangetref in die Tsjeggiese Republiek, Pole en Duitsland. Zykaïet is die eerste keer in 1978 beskryf vir 'n voorkoms in die Safary-myn, Kutná Hora, Bohemen, Tsjeggië en is vernoem ter ere van Vaclav Zyka (gebore 1926), 'n Tsjeggiese geochemikus.Mindat.org
Verwysings
Kategorie:Geologie Kategorie:Loodminerale Kategorie:Minerale Kategorie:Sulfaatminerale