Keiliet is 'n yster-magnesium-sulfiedmineraal (chemiese formule (Fe, Mg) S)) wat in enstatiet-chondriete voorkom.http://webmineral.com/data/Keilite.shtml Webmineral Keiliet is die yster-dominante analoog van niningeriet,http://pubs.nrc-cnrc.gc.ca/journals.old/mineral/mineral40/tcm-168740-6.pdf en is vernoem na Klaus Keil (gebore 1934).

Voorkoms Keiliet kan onder andere in enstatietchondriete soos die Zakłodzie-meteoriet voorkom. Dit blyk egter beperk te wees tot enstatiet-chondriete wat deur impak-smelting beïnvloed is, en wat toe vinnig afgekoel het. Daar is meteoriete wat as impaksmeltfraksies geklassifiseer word, maar wat nie keiliet bevat nie. Dit word verklaar deur 'n dieper begrawing na die impak, wat vertraagde afkoeling en geaktiveerde retrogressiewe reaksies (diapftorese) moontlik maak.

Verwysings

Mindat.org – Keilite Handbook of Mineralogy – Keilite

Sien ook Meteoriet Chondriet

Kategorie:Geologie Kategorie:Sulfiedminerale