Die Departement van Kuns en Kultuur is een van die departemente van die Suid-Afrikaanse regering. Dit bevorder, ondersteun, ontwikkel en beskerm kunste, kultuur en erfenis van Suid-Afrika. Die erfenisterreine, museums en monumente van die land word ook deur hierdie departement bestuur. Die politieke hoof van die departement is die Minister van Sport, Kuns en Kultuur; sedert 2014 is dit Nathi Mthethwa.
In die nasionale begroting van 2010 het die departement 'n toewysing van 2 406,7 miljoen rand gekry en het 461 werknemers gehad.
Sien ook Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe
Verwysings
Eksterne skakels Die departement van Kuns en Kultuur se amptelike webwerf
Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika