Von der Deckense neushoringvoël (Tockus deckeni) is 'n neushoringvoëlspesie wat in Oos-Afrika voorkom. Die naam is 'n eerbetoon aan die Duitse ontdekkingsreisiger Karl Klaus von der Decken (1833-1865), wat die voël ontdek het tydens sy ekspedisie op die berg Kilimanjaro.

Beskrywing Von der Deckense neushoringvoël word 43-51 cm lank. Dit het 'n wit bors met egalige swart vlerke, dus sonder stippels of strepe. Die mannetjie het 'n helderrooi snawel met 'n ivoorkleurige uiteinde, terwyl die wyfie se snawel swart is., 1986. A field guide to the birds of East Africa. Collins, London.

Verspreiding en leefgebied Von der Deckense neushoringvoël kom voor in 'n aantal lande in Oos-Afrika, by name Ethiopië, Somalië en sentraal-Tanzania. Dit is ook 'n tipiese soort van die droë gebiede van Kenia. Sy leefgebied bestaan uit droë struikgewas, oop bosgebiede met acacias en rivierbegeleidende bos. Sy roep, 'n aanhoudende "wot, wot....", is karakteristiek.

Status Hierdie voël verskyn as "nie bedreig" op die IUBN-rooilys.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:IUBN Rooilys veilige spesies Kategorie:Neushoringvoëls