Radio Orania is 'n Suid-Afrikaanse gemeenskapsradiostasie in die Noord-Kaap. Die radiostasie bedien die gemeenskap van Orania, 'n dorp in die Noord-Kaap, hoewel ontvangs moontlik so ver as Hopetown strek.
Programme word uitgesaai in Afrikaans, vanaf 5 vm tot 10 nm. Programme bevat 40% musiek en 60% spraak.
Wanneer Radio Orania nie uitsaai nie, word Pretoria FM uitgesaai.
Die radiostasie het begin uitsaai op 12 April 2008, nadat sy voorganger Radio Club 100 gesluit is deur OKOSA. Die stasie word net deur vrywilligers beman en tel meer as 50 bydraers.
Programme sluit voorlesings van Afrikaanse letterkundige werke soos Mikro se Ruiter in die nag in. 'n 13-jarige skolier van Orania Volkskool het in 2009 die plaaslike nuus gehaal, toe sy hoorspel oor die Slag van Majuba deur die stasie uitgesaai is.
Luistertal +Geskatte luistergetalleSAARF RAMS (Presentations)7 Dae Mei 2013 22 000 Februarie 2013 8 000 Desember 2012 9 000 Oktober 2012 8 000 Augustus 2012 6 000 Junie 2012 6 000
Sien ook Media in Orania
Verwysings
Eksterne skakels SAARF Webwerf
Kategorie:Orania