Cardiff Blues ( Gleision Caerdydd), is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Verenigde Rugbykampioenskap, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker en die Anglo-Walliese Beker. Cardiff Blues is verantwoordelik vir die ontwikkeling van rugby in Cardiff, Vale of Glamorgan, Rhondda Cynon Taf, Merthyr Tydfil en suid-Powys. Cardiff Blues: Streeksklubs In die streek van die Cardiff Blues is daar 75 geassosieerde klubs, insluitend die semiprofessionele Pontypridd RVK en die Cardiff RVK wat albei in die Walliese Premierskap speel.

Geskiedenis Stigting duimnael|regs|Wallis se rugbyunies, die blou gedeelte is Cardiff Blues. Tot die aanvang van die 2003-’04-seisoen was Walliese rugby in ’n ligapiramiede gestruktureer met nege professionele klubs bo-aan. Die stelsel was soortgelyk aan die klubstelsels van die Engelse Premierskap en die Franse Top 14. Ten tyde van die 2002-’03-seisoen was dit egter duidelik dat Wallis om finansiële redes nie ondersteuning aan nege professionele spanne kon bied nie. Walliese Rugbyunie : Klubs Se Oorweldigende Steun Moffett

Die destydse HUB van die Walliese Rugbyunie (WRU), David Moffett, het begin met ’n proses om die bestaande nege clubs(Bridgend RVK; Caerphilly RVK; Cardiff RVK; Ebbw Vale RVK; Llanelli RVK; Neath RVK; Newport RVK; Pontypridd RVK; Swansea RVK) in streekspanne te verdeel.

’n Ooreenkoms is bereik waarvolgens Cardiff RVK toegelaat sou word om ’n “alleenstaande” klub te vorn, wat behels dat hulle met geen van die ander agt professionele klubs saam hoef te smelt nie. Ooroeenkoms oor vyfklubbefondsing in Wallis Cardiff RVK is gevolglik ’n nuwe naam gegee (Cardiff Blues) tydens ’n geleentheid op 6 Junie 2003.

Tydens die bekendstelling van die Cardiff Blues-handelsmerk in Junie 2003 het Robert Norster, Hoof- Uitvoerende Beampte gesê “baie moeite is gedoen om te verseker dat die afgelope 127 jaar van klubtradisies behoue bly. Ons is verheug deur die wyse waarop hierdie aspekte gerespekteer en behou is binne die nuwe moderne handelsmerk.” Hierdie noue verhouding met Cardiff RVK het veroorsaak dat lede en ondersteuners van ander klubs, veral Pontypridd dit afgekeur het.

Daar was telke male pogings om die klub te kry om die “Cardiff”-deel uit die naam te verwyder, om so hul bande met die ou Cardiff RVK te verbreek en weg te beweeg van dei tradisionele blou drag wat deur CRVK gedra is. Jones se radikale Blues-druk vir die toekoms Blues sal nie Cardiff laat vaar Voorstanders van hierdie idee het na die Superrugbytoernooi verwys waar spanne soos die Cheetahs en Crusaders nie ’n geografiese aanduider in hul name het nie. Super 14-spanne Hierdie pogings het toegeneem toe die Celtic Warriors streekspan in 2004 ontbind is en die ou teenstanders Pontypridd in die opvangsgebied van die Cardiff Blues beland het. Daar was egter uit klubgeledere noemenswaardige teenkanting teen so ’n voorstel aangesien die Cardiff-klub teen ’n koste van £1 000 000 aleenstaandestatus verkry het en in die lig dat die handelsnaamverandering in 2003 plaasgevind het (geen ander klub of maatskappy was betrokke by Cardiff RVK Bpk. nie). Cardiff gaan bly

Kleure Met die ontstaan van die Cardiff Blues het hulle kleure ooreengestem met die tradisionele kleure van Cardiff RVK, naamlik Cambridge-blou en swart. Vir die tweede seisoen is ’n variasie van hierdie kleure gebruik met wit wat gebruik is as alternatiewe drag in die geval van ’n ooreentemming van kleure met die opponente.

In 2006 het Cardiff Blues hul tuisdrag verander en het hulle weg beweeg van die swart naas die blou; dit is geïnterpreteer as ’n skuif weg van die ou identiteit van Cardiff RVK. Ondersteuners sien rooi oor nuwe kleure vir Blues – icWales

Tuisveld Die Cardiff Blues het sedert hul ontstaan in 2003 hul tuiswedstryde op Cardiff Arms Park gespeel, met ’n aantal hoëprofielwedstryde, soos 2008-’09 se Heinekenbekerhalfeindstryd teen Leicester Tigers, wat op die naburige Millennium-stadion gespeel is.

Aan die begin van die 2009-’10-seisoen het die span hul tuiswedstryde na die nuwe Cardiff City-stadion geskuif met ’n vriendskaplike wedstryd teen Leicester as eerste op die nuwe tuisveld, waar ’n skare van 16 000 gekyk het hoe die Cardiff Blues met 5–14 verloor het. Cardiff Blues het jaarliks £350 000 aan huur vir die gebruik van die stadion betaal, plus ’n soortgelyke bedrag aan diensfooie en hulle het die koste vir elke wedstryddag ook gedra. Hierdie koste is later as onvolhoubaar beskryf.

In die 2011-’12-seisoen het finansiële druk en toeskouerontevredenheid daartoe gelei dat sommige wedstryde na die Arms Park geskuif is. Die wedstryde op 10 en 17 Februarie 2012 teen onderskeidelik Connacht en Ulster is uitverkoop en dit het geblyk dat toeskouers die Arms Park verkies.

Op 8 Mei 2012 is aangekondig dat die huurooreenkoms van 20 jaar tussen Cardiff City VK en die Cardiff Blues verbreek is deur wedersydse toestemming. Van die 2012-’13-seisoen af het tuiswedstryde weer op die Arms Park plaasgevind.

Seisoenbepalings Keltiese Beker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Rondte ! width="300"|Wedstryd |- align=center |align=left|2003-’04 |align=center|Kwarteindstryd |Edinburgh 35–21 Cardiff Blues

Keltiese Liga/Pro12/Pro14 {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2003-’04 |align=left|6de | 22 || 11 || 0 || 11 || 10 || 54 || |- align=center |align=left|2004-’05 |align=left|9de | 20 || 8 || 1 || 11 || 6 || 40 || |- align=center |align=left|2005-’06 |align=left|4de | 20 || 11 || 0 || 9 || 11 || 63 || |- align=center |align=left|2006-’07 |align=left|2de | 20 || 13 || 1 || 6 || 9 || 63 || |- align=center |align=left|2007-’08 |align=left|2de | 18 || 12 || 0 || 6 || 8 || 56 || |- align=center |align=left|2008-’09 |align=left|6de | 18 || 8 || 1 || 9 || 4 || 38 || |- align=center |align=left|2009-’10 |align=left|5de | 18 || 10 || 0 || 8 || 4 || 44 || |- align=center |align=left|2010-’11 |align=left|6de | 22 || 13 || 1 || 8 || 6 || 60 || |- align=center |align=left|2011-’12 |align=left|7de | 22 || 10 || 0 || 12 || 10 || 50 || |- align=center |align=left|2012-’13 |align=left|9de | 22 || 8 || 0 || 14 || 6 || 38 || |- align=center |align=left|2013-’14 |align=left|7de | 22 || 8 || 1 || 13 || 7 || 41 || |- align=center |align=left|2014-’15 |align=left|10de | 22 || 7 || 1 || 14 || 5 || 35 || |- align=center |align=left|2015-’16 |align=left|7de | 22 || 11 || 0 || 11 || 12 || 56 || |- align=center |align=left|2016-’17 |align=left|7de | 22 || 11 || 1 || 10 || 7 || 53 || |- align=center |align=left|2017-’18 |align=left|9de | 21 || 11 || 0 || 10 || 10 || 54 || |- align=center |align=left|2018-’19 |align=left|8ste | 21 || 10 || 0 || 11 || 14 || 54 ||

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="300"|Notas |- align=center |align=left|2003-’04 |align=center|Poel 3 |align=left|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || 3 || 11 || |- align=center |align=left|2004-’05 |align=center|Poel 6 |align=left|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 3 || 7 || |- align=center |align=left|2005-’06 |align=center|Poel 2 |align=left|3de | 6 || 3 || 0 || 3 || 3 || 15 || |- align=center |align=left|2006-’07 |align=center|Poel 4 |align=left|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || 1 || 9 || |- align=center |align=left|2007-’08 |align=center|Poel 3 |align=left|1ste | 6 || 4 || 1 || 1 || 2 || 20 || Verloor in kwarteindstryd teen Toulouse |- align=center |align=left|2008-’09 |align=center|Poel 6 |align=left|1ste | 6 || 6 || 0 || 0 || 3 || 27 || Verloor in haldeindstryd teen Leicester Tigers |- align=center |align=left|2010-’11 |align=center|Poel 1 |align=left|2de | 6 || 3 || 0 || 3 || 2 || 14 || |- align=center |align=left|2011-’12 |align=center|Poel 2 |align=left|2de | 6 || 5 || 0 || 1 || 1 || 21 || Verloor in kwarteindstryd teen Leinster |- align=center |align=left|2012-’13 |align=center|Poel 6 |align=left|3de | 6 || 1 || 0 || 5 || 2 || 6 || |- align=center |align=left|2013-’14 |align=center|Poel 2 |align=left|2de | 6 || 3 || 0 || 3 || 2 || 14 ||

Europese Rugbyuitdaagbeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="350"|Notas |- align=center |align=left|2009-’10 |align=center|Poel 5 |align=left|2de | 6 || 4 || 0 || 2 || 2 || 18 || Wen in eindstryd teen Toulon |- align=center |align=left|2014-’15 |align=center|Poel 1 |align=left|2de | 6 || 5 || 0 || 1 || 4 || 24 || Verloor in kwarteindstryd teen Newport Gwent Dragons |- align=center |align=left|2015-’16 |align=center|Poel 3 |align=left|3de | 6 || 3 || 0 || 3 || 5 || 17 || |- align=center |align=left|2016-’17 |align=center|Poel 4 |align=left|2de | 6 || 5 || 0 || 1 || 2 || 22 || Verloor in kwarteindstryd teen Gloucester

Huidige span Cardiff Blues se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte Scott Andrews Corey Domachowski Anton Peikrishvili Rhys Gill Gethin Jenkins 12px|Kaptein Dillon Lewis Brad Thyer

Hakers Kristian Dacey Ethan Lewis Kirby Myhill Matthew Rees

Slotte Macauley Cook Seb Davies James Down George Earle Damien Welch Losvoorspelers Sion Bennett Ellis Jenkinsl Josh Navidi Josh Turnbull Sam Warburton Nick Williams

Skrumskakels Lewis Jones Lloyd Williams Tomos Williams

Losskakels Gareth Anscombe Jarrod Evans Steven Shingler Nicky Robinson Senters Willis Halaholo Rey Lee-Lo Jack Roberts Garyn Smith

Vleuels Alex Cuthbert Tom James Blaine Scully Aled Summerhill

Heelagters Dan Fish Matthew Morgan Rhun Williams

Eksterne skakel

Cardiff Blues Amptelike werf Cardiff RVK Amptelike werf the Arms Park Aanhangerswerf TalkCardiffrugby.net Aanhangerswerf

Verwysings

Kategorie:Rugby in Wallis Kategorie:Verenigde Rugbykampioenskapspanne Kategorie:Cardiff