Trisha Chetty (gebore 26 Junie 1988, Durban), is 'n Suid-Afrikaanse voormalige krieketspeler en lid van die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan. Sy het sedert 2007 twee Toetse en meer as 165 kitswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Aanvanklik het sy op nommer sewe of agt gekolf, maar is vinnig bevorder tot die toporde, en van die middel-2008 af het sy met die kolf geopen. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2009, 2013, 2017 en 2022, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014, 2016 en 2020 vir Suid-Afrika gespeel.

Sy het saam met Shandre Fritz die rekord van 170 lopies opgestel vir die hoogste openingstelling in die geskiedenis van vroue-T20I.

Verwysings

Eksterne skakels

Trisha Chetty by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense