Krenneriet is 'n mineraal met chemiese formule of wat na die Hongaarse myner J.A. Krenner (1839-1920) genoem is. Dit is taamlik seldsaam, maar 'n gewilde goud- en silwererts.
Dit kom gewoonlik saam met calaveriet, gedeë goud, silvaniet, petziet, piriet en kwarts voor, dikwels in hidrotermale are saam met ander telluriede.
In Suid-Afrika word krenneriet in die Waaikraal-goudafsetting naby Rustenburg in Noordwes gevind.
Kristalstruktuur Die krennerietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C46-struktuur
Dit is 'n taamlik ingewikkelde struktuur wat geskryf kan word as ; x≈0,8. Daar is drie verskillende metaalposisies. Een daarvan is net deur goud beset en word deur [4+2] telluuratome omring. Die ander twee word statisties deur Ag en Au beset. Die omringing is [2+2+2]. Dit weerspieël die voorkeur van Au en Ag om lae omringingsgetalle te hê. Die helfte van die telluuratome vorm -ditelluriedpare soos dit ook in piriete aangetref word. Maar daar is ook 'n -tritelluriedgroep en 'n -telluriedanioon. Die metaalatome vorm golwende lae ewewydig aan die b-as. Die lae word deur die mono-, di- en tritelluried-groepe aanmekaar verbind.
Verwysings