Chloe-Lesleigh Tryon (gebore 25 Januarie 1994), is 'n Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler. Sy speel vir Suid-Afrika in al die formate van die spel. In haar debuut vir Suid-Afrika, 'n T20I-wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2010 het sy twee paaltjies in haar eerste boulbeurt geneem. In dieselfde wedstryd word sy die eerste vrouekrieketspeler om 'n paaltjie te neem met die eerste bal van haar loopbaan in vroue-T20I. Sy het saam met Suné Luus die rekord opgestel vir die hoogste sesde EDI-paaltjievennootskap met 142 lopies.
Sy is aangewys in die Suid-Afrikaanse groep vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024 en vir hulle multi-formaat tuisreeks teen Engeland in November 2024. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2013, 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2010, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.
Verwysings
Eksterne skakels
Chloe Tryon by ESPNcricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense