Nadine de Klerk (gebore 16 Januarie 2000) is 'n Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler. Sy het haar debuut in EDI-krieket vir Suid-Afrika teen Indië gemaak in die 2017 Suid-Afrikaanse Vierhoekige Reeks op 9 Mei 2017 en haar Vroue Twintig20 Internasionale krieketdebuut teen Indië op 13 Februarie 2018. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.

Verwysings

Eksterne skakels Nadine de Klerk by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 2000 Kategorie:Lewende mense