duimnael|links|Ligging van die Golf van Sint-Laurens duimnael|links|Kaart van die Golf van Sint-Laurens Die Golf van Sint-Laurens (Engels: Gulf of Saint Lawrence, Frans: Golfe du Saint-Laurent) is 'n golf aan die Sint-Laurensrivier se monding in die Atlantiese Oseaan en is die grootste Estuarium van die aarde. Die golf is in Wes-Kanada tussen die provinsie Quebec in die weste, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia en Prins-Edward-eiland in die suide en Newfoundland en Labrador in die ooste geleë. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 155 000 km². Die Golf van Sint-Laurens is ná Sint Laurens van Rome genoem.
Belangrike nedersettings aan die golf sluit in Baie-Comeau, Charlottetown, Gaspé, Rimouski, Sydney en Tadoussac. Groot eilande in die golf is Anticosti, Kaap-Breton-eiland, Magdalene-eilande en Prins-Edward-eiland. Die hele kus van die Golf van Sint-Laurens behoort tot Kanada. Die Franse oorsese gebied Sint Pierre en Miquelon is net oos van die Golf van Sint-Laurens se monding in die Atlantiese Oseaan geleë.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Newfoundland en Labrador Kategorie:Nieu-Brunswyk Kategorie:Nova Scotia Kategorie:Prins-Edward-Eiland Kategorie:Quebec Kategorie:Seë van Noord-Amerika Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan