Henri Comrie is 'n Suid-Afrikaanse argitek. Saam met sy vennoot Chris Wilkinson het hy die Gordonsinstituut, ’n universiteitskapel in Vereeniging en die stedelike konteks van die Kaapse Millennium-stadion ontwerp. Hulle is ook vir die hernuwing van die Kaapse stasie en die ontwerp van verskeie kontemporêre woonhuise verantwoordelik.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Profiel op artefacts.co.za, besoek op 23 Julie 2017

Henri Pierre Comrie is op 22 Desember 1965 in Pretoria gebore. In 1991 ontvang hy 'n Baccalaureusgraad in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria. In 1996 ontvang hy 'n meestersgraad in stadsontwerp (Universiteit van die Witwatersrand) en in 2003 'n PhD in stadsontwerp van die Universiteit van Greenwich.

Hy het talle pryse vir sy ontwerpe ontvang,onder andere: 1995: SWABOU-gebou in Namibië 1995: PFG-gebou 1998: Melrose Arch 2006: Kapel van lig 2008: Kantore vir die Premier van die Oos-Kaap 2009: Gordonsinstituut (fase 2) 2013: Sol Plaatje Universiteit (akademiese geboue)

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse argitekte