Die Mitsubishi J2M was 'n onderskeppingsvliegtuig wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig is ontwerp deur dieselfde span wat die A6M Zero ontwerp het. Dit was landgebaseer vanwaar dit die vyand se bomwerpers aangeval het. Die vliegtuig het weggebreek van Japannese tradisie van beweegbaarheid ten alle koste na spoed en klimvermoë. Die neus was vaartbelyn, die stertwiel kon terugvou en die vlerkontwerp was die laminêre ontwerp met aksieflappe vir meer beweegbaarheid. Die kleiner, meer vaartbelynde neus is verkry deur die enjin verder terug te skuif en die enjin en skroef met 'n verlengingskag te verbind.
Die eerste J2M1 modelle het in Maart 1942 gevlieg maar het tegniese probleme ondervind en is afgekeur deur die vloot. 'n Nuwe Kasei 23a-enjin is geïnstalleer en model J2M2 was in produksie vanaf Oktober 1942. Maar weens verdere tegniese probleme is die vliegtuig eers in Desember 1943 in diens gestel as die J2M3 en toegerus met vier 20 mm kanonne in die vlerke. Die Japannese het die vliegtuig die Raiden (weerligstraal) genoem en die Geallieerdes het dit die Jack genoem.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Mitsubishi J2M3: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mitsubishi MK4R-A Kasei 23a14-silinder stermotor Kraglewering per motor 1 820 perdekrag Vlerkspan 10,82 m Lengte 9,95 m Hoogte 3,95 m Vlerkoppervlakte 20,05 m2 Maks. opstygmassa 3 945 kg Maks. snelheid 595 km/h Operasionele hoogte 11 700 m Togafstand 1 055 km Klimvermoë 1 170 m per minuut Bewapening Vier 20 mm kanonne in vlerkeen twee 60kg bomme
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog