duimnael|links|Ligging van die Laptefsee Die Laptefsee (Russies: мо́ре Ла́птевых, more Laptevykh) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Sewernaja Zemlja in die weste, die Nieu-Siberiese Eilande in die ooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Laptefsee grens aan die Karasee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Oos-Siberiese See in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 714 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 578 m. Die see is genoem ná die Russiese ontdekkingsreisigers Dmitri Laptef en Khariton Laptef en was voorheen bekend as Nordenskiöldsee (Russies: мо́ре Норденшёльда), genoem ná Adolf Erik Nordenskiöld.

Belangrike riviere wat in die Laptefsee uitmond is die Lena en die Olenjok. Die see is feitlik die hele jaar gevries.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Arktiese Oseaan Kategorie:Siberië